22 September 2022
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, NIOS, meen die voorkoms van kinkhoes in die land het drasties toegeneem.
109 gevalle is tussen Julie en die middel van September aangemeld.
Dit bring die totale aantal gevalle – sedert die begin van die jaar – op 147 te staan.
77% van die gevalle is by kinders onder die ouderdom van vyf jaar oud aangeteken, en 79% van dié gevalle was die pasiënte onder die ouderdom van drie maande.
Die meeste van die gevalle tussen Julie en Augustus is in die Wes-Kaap aangeteken, naamlik 62 gevalle.
Klinici word aangeraai om waaksaam te wees vir dié virussiekte by jong pasiënte en ouers en voogde word versoek om toe te sien dat babas en kinders se inentings op datum is.
Kinkhoes is ‘n bakteriële infeksie wat in jou neus en keel kom en versprei vinnig.