Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

Kinderwet wat lesbiese paartjies uitsluit is ongrondwetlik – Grondwethof

29 Junie 2023

Die Grondwethof het die parlement 24 maande tyd gegee om artikel 40 van die Kinderwet – wat diskrimineer op grond van huwelikstatus en seksuele oriëntasie – te wysig.

Vandag se uitspraak deur die land se hoogste hof is belyn met ‘n vroeëre uitspraak van die hooggeregshof wat die weg gebaan het vir lesbiese paartjies om erken te word as gelyke ouers van ‘n kind wat deur kunsmatige inseminasie verwek is.

Die uitspraak verklaar dat Artikel 40 van die wet teenstrydig is met die Grondwet in die mate dat dit nie die woorde “permanente lewensmaat” ná die woorde “eggenoot” en “man” ingesluit het nie.

Artikel 40 van die Kinderwet – wat handel oor die regte van ‘n kind wat verwek word by wyse van kunsmatige bevrugting – maak slegs voorsiening vir ‘n situasie waar ‘n man en ‘n vrou – getroud of nie – ‘n kind verwek, en nie vir gevalle waar twee vroue in ‘n toegewyde verhouding is nie.

Volgens die uitspraak het tradisionele idees van gesin en ouerskap revolusionêre verandering ondergaan.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende