Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Kindermishandeling saak weer uitgestel

17 Januarie 2022

AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê hy is geskok deur ‘n verwikkeling vroeër vandag in een van die kindermishandelingsake in Brits waarby die eenheid tans betrokke is.

Dit volg nadat die hof vandag weer die saak uitgestel het teen twee mans, asook die ma van ’n jong dogtertjie. Die beskuldigdes staan tereg op verskeie klagtes van verkragting van die dogtertjie wat ten tyde van die pleging van die beweerde misdaad in 2018 vier jaar oud was.

Die hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, advocaat Gerrie Nel sê die uitstel volg omdat die streeklanddros volgens die hof siek is en niemand skynbaar in haar plek kan waarneem totdat sy herstel het nie.

Die saak kon ook nie tot Februarie uitgestel word nie omdat die streeklanddros waarskynlik na Ga-Rankuwa oorgeplaas gaan word en daar nog geen nuwe aanstelling gedoen is nie.

“Dit blyk dat die Staat se sogenaamde verbintenis tot die bevegting van geweld teen vroue en kinders nou finaal lippediens geword het. Hóé kan die departement van justisie en die howe toelaat dat hierdie saak van gruwelike kindermishandeling, wat as gevolg van die onbeholpenheid van die NVG reeds so lank sloer, nie kan voortgaan nie bloot omdat daar nie ’n hof beskikbaar is nie en geen verdere reëlings getref is nie,” sê Nel.

’n Voorlopige voorverhoordatum is nou vir 23 Maart 2022 vasgestel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende