17 November 2021
Die Gautengse onderwysdepartement sê hy dra kennis van ‘n graad-5 leerder wat vanoggend by ‘n skool in Mayfair in Johannesburg ontvoer is en dat die saak deur die polisie ondersoek word.
Die polisie het nog nie bevestig dat hy wél met ‘n ondersoek na die saak aan die gang is nie.
Volgens die LUR van onderwys in die provinsie, Panyaza Lesufi is die slagoffer ‘n 11-jarige leerder aan die EP Bauman Laerskool.
Volgens die departement het drie gewapende mans die dogter gegryp en by ‘n voertuig ingeboender.
Die voorval het plaasgevind terwyl die kind in die ry gestaan en wag het – om in gevolge die Covid-19 protokol – haar hande te ontsmet en haar temperatuur te laat meet.
Stem vir die Aitsa’s