26 April 2024
Die kieshof het redes verskaf vir sy onlangse beslissing wat oud-president Jacob Zuma die groen lig gegee het om wel op die uMkhonto weSizwe-party se kandidatelys te verskyn.
Volgens die kieshof kan Zuma in die Nasionale Vergadering ingestem word, omdat sy vonnis van 15 maande gevangenisstraf, volgens hulle nié as ‘n vonnis beskou kan word nie. DIT omdat hy nie daarteen kon appelleer nie.
Luidens die Grondwethof kan geen persoon in die Nasionale Vergadering dien as hulle vir 12 maande tot gevangenisstraf gevonnis is nie.
Zuma is in Junie 2021 deur die Grondwethof gevonnis nadat hy geweier het om by die staaskapingskommissie te getuig. Luidens die Kieshof kan ‘n vonnis nie as ‘n vonnis beskou word totdat die persoon appèl kan aanteken nie.
Die OVK het die hof genader oor Zuma se naam op die kandidaatlys.