21 Oktober 2024
Die Kieshof het die DA se hofaansoek oor president Cyril Ramaphosa se toespraak voor vanjaar se verkiesing, van die hand gewys.
Die party het aangevoer dat sy toespraak op 26 Mei ‘n misbruik van mag was, en dat die president die toespraak gebruik het om die ANC se beeld te poets voor die verkiesing.
Ramaphosa het in die toespraak onder meer die suksesse van die regering probeer uitlig, en het Suid Afrikaners aangemoedig om hul kruisies te trek sodat daar op die suksesse voortgebou kan word.
Die Kieshof het in sy uitspraak gesê dat die toespraak nie die vryheid en regverdigheid van die verkiesing in gedrang geplaas het nie, en dat daar geen bewys is dat die toespraak enigsins die uitslag van die verkiesing beïnvloed het nie.