7 Junie 2022
Die kitskosgroep, KFC in Australië sê weens stygende blaarslaai-pryse in dié land is hulle nou genoop om ‘n kool-mengsel op hamburgers en ander produkte te gebruik.
Verskeie KFC-liefhebbers het egter hulle misnoeë op sosiale media te kenne gegee. Volgens die groep het die prys van blaarslaai in Australië in die afgelope paar maande met byna 300% gestyg.
‘n Iceberg blaarslaaikop het ‘n paar maande gelede teen 2 Australiese Dollar, of sowat R22 verkoop. Dit kos egter nou 8 Australiese Dollar, of sowat R88.
Die maatskappy het in ‘n verklaring gesê dat die onlangse vloede in Nieu-Suid Wallis en Queensland daartoe gelei het dat die prys drasties styg.
Volgens KFC is dié nuwe toevoeging net tydelik.
https://twitter.com/emuwhisperer/status/1534100748086091777