My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Kettings met mense en kettings vir mense

Nuuskommentaar: 21 Julie

Deur: Joost Strydom

Kettings van mense

Foto’s van Suid-Afrikaners wat in KwaZulu-Natal in eindelose rye staan om toegang tot kospakkies te kry, het vandeesweek op sosiale media versprei.

Volgens die voorsitter van die KwaZulu-Natal Christian Council (KZNCC) is besighede en die publiek nou deur ‘n voedselkrisis getref. Dit is egter nie die eerste keer dat Suid-Afrikaners in toue staan om kospakkies te kry nie, tydens die ANC se grendelstaat laasjaar het daar ook kettings mense van kilometers sonder einde gevorm om toegang te kry tot basiese hulpbronne en kos. In daardie geval het die staat raskriteria gestel vir mense wat toegang tot noodkos wou hê.

Die foto’s van die kettings, waar rye en rye mense in ‘n eindelose stroom desperaat wag vir iemand se hulp om hulle uit hulle hopelose omstandighede te red, herinner onwillekeurig aan 6 April 1994. Op hierdie dag het Suid-Afrikaners trots in eindelose toue gestaan te om stem, baie van hulle vir die eerste keer in hulle lewens, in dié land se eerste een-mens-een-stem-verkiesing. In hierdie geval was die mense vol hoop op ‘n beter lewe, groot verandering en ‘n hoë lewensgehalte.

Die stemmers was suksesvol met hulle poging om die onlangs ontbande ANC-regering in te stem as die regerende party van Suid-Afrika.

Vandag, 27-jaar later, is hierdie regering nog steeds in beheer van Suid-Afrika en het hulle weer die land se burgers in lang kettings van mense gedryf. Hierdie keer om kospakkies te ontvang, sodat hulle nie van hongersnood sterf nie.

Ironies genoeg, is hierdie krisis nie net swak bestuur deur die ANC-leierskap nie, maar direk deur hulle faksiegevegte veroorsaak.

Kettings vir mense

Dit is egter nie net vir kospakkies wat mense in rye staan hierdie week nie.

‘n Dreigende brandstofkrisis, paniekaankope in kruidenierswinkels, en toegang tot mediese dienste veroorsaak ook rye mense wat passief staan wag.

Volgens eNCA is meer as ‘n honderd apteke in Suid-Afrika geplunder, ‘n bloedbank beroof, talle vragmotors is uitgebrand en SAPREF moes ‘n kennisgewing van ‘n force majeure uitreik na versteuring van diensroetes.

Die kettings wat ‘n funksionele ekonomie moontlik maak, produksie onderhou, pasiënte tydens ‘n pandemie ondersteun en kritiek belangrike produkte vervoer is onder ernstige stremming.

Dit is juis wat hierdie, as een van talle sogenaamde ‘shutdown South-Africa’-aksies, wat dit so maklik maak vir antagoniste om die ekonomie reuse skade aan te doen. Enige Suid-Afrikaner wat nie hul sin in demokratiese Suid-Afrika kry nie, val bloot die waardeketting aan.

 Ironies is dit ‘n strategie wat die ANC rewolusioniste aan hul voetsoldate geleer het om, voor die magiese vryheidsdag verkiesing, die vorige regering se vermoë om die land te regeer, te verhinder.

Die ANC se strategieë word met “groot sukses” gebruik in sy eie faksiegevegte, en vorm weer kettingboeie vir mense.

Indien hierdie magsdronk geweldenaars voortgaan om mense aan te val, sal Suid-Afrika binnekort oor ‘n onomkeerbare afgrond stort.

Sterker plaaslike bestuur, sonder kader-inmenging, sal burgers beter dien en ook waardekettings vir mense beter bestuur en só kettings van mense vryspring of ten minste verkort.

Hou Afrikaans op die lug

Klik hier

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende