Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende

Kenners waarsku oor ramptoestand vir kragkrisis

31 Januarie 2023

Die vakbond, Solidariteit meen om ‘n ramptoestand af te kondig weens die voortslepende kragkrisis sal meer skade aanrig as wat dit goed doen.

Volgens Solidariteit is dit eerder die regering se onvermoë om hul huidige magte aan te wend wat tot die krisis gelei het en sal ʼn ramptoestand weereens die deur vir grootskaalse korrupsie en bedrog oopmaak.

Die hoof van Solidariteit se navorsingsinstituut, Connie Mulder voer aan dat dit waansinnig is om die regering met die magte van ʼn ramptoestand te vertrou wanneer hul wanbestuur juis die oorsaak van die ramp is.

LEES OOK: JOHN STEENHUISEN SÊ DIE REGERING IGNOREER KENNERS SE VOORSTELLE OM KRAGKRISIS OP TE LOS

Die DA het intussen in reaksie op die moontlike afkondiging van ‘n ramptoestand gesê dit moet slegs geld vir die energiesektor en Eskom. Die party eis dat daar volle parlementêre oorsig is oor die moontlike maatreëls wat in plek gestel sal word.

Die DA se Kevin Mileham sê indien die ramptoestand reg ingestel word, sal dit Eskom in staat stel om enige struikelblokke wat deur wetgewing en regulasies daar geplaas is, uit die weg te ruim.

Hy waarsku egter dat daar weer hulpbronne gesteel en geplunder gaan word, indien behoorlike oorsig nie plaasvind nie. 

LEES OOK: “SUID-AFRIKANERS MOET SAAMWERK OM KRAGKRISIS OP TE LOS,” SÊ PRESIDENT IN SY NUUSBRIEF

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald sê daar mag nie ’n herhaling wees van die misbruik van mag soos wat met die Covid-19-ramptoestand beleef is nie.

“Die VF Plus sal as voorwaarde wil sien presies wat is die redes en die bepalings wat sal geld met so ’n ramptoestand. Dit is belangrik om te voorkom dat korrupsie nie weer soos met die Covid-19-ramptoestand op groot skaal plaasvind met fondse wat maklik toeganklik raak deur spesiale maatreëls nie.”





Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu

Ander Nuus Artikels

pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof
BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)
Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

Soggens met Sarina

Maandae tot Vrydae
10:00 - 12:00

Luister nou

Volgende