17 Julie 2024
Die polisie in Kenia het ‘n vermeende reeksmoordenaar aangekeer nadat die oorskot van tien vroue op ‘n vullishoop gevind is.
Die verdagte, Collins Khalusha (33) het reeds in die hof verskyn en sal vir minstens dertig dae in aanhouding bly hangende die ondersoek.
Volgens die polisie het hy skuld beken op die moord van 42 vroue sedert 2022, maar kon hy nie bewyse voorlê vir al sy aansprake nie. Een van dié 42 vroue is na bewering sy eie vrou.
Lede van die gemeenskap het teen die polisie uitgevaar omdat die verdwyning van vroue in die omgewing van die ashoop nie behoorlik ondersoek is nie. Volgens hofdokumente was die liggaamsdele van, van die liggame verwyder.
Selfone, identiteitskaarte, en ‘n kapmes is ook op die vullishoop gevind. Die hoof van die Keniaanse direktoraat vir kriminele ondersoeke, Mohamed Amin sê dit begin al hoe duideliker word dat hulle hier te make het met ‘n “psigopatiese reeksmoordenaar, wat geen respek vir ander het nie.”