20 Desember 2021
Die Kango-grotte naby Oudtshoorn in die Wes-Kaap is tydelik gesluit, nadat 12 personeellede positief getoets het vir Covid-19.
Dis nog nie duidelik wanneer hierdie gewilde toeristetrekpleister weer vir die publiek oopgestel sal word nie.
Die Groter Oudtshoorn-munisipaliteit het bevestig dat die perseel ten tyde van die sluiting ontsmet sal word.
Die munisipaliteit sal deur die verloop van die dag meer besonderhede oor die oopstel van die grot bekend maak.
Die Wes-Kaap is tans in die vierde golf van Covid-19. Die provinsie het gister, Sondag 19 Desember, 2 849 nuwe besmettings aangemeld wat 18 % van al die nuwe gevalle in die land uitmaak.
Fotokrediet: tripsavvy.com