Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

KAMIESBERGBRANDE GLO DEUR TUINIER VEROORSAAK

29 Desember 2023

Dit wil voorkom asof die verwoestende brande van die afgelope drie dae in die

Kamiesberg by Kamieskroon in die Noord-Kaap deur ’n tuinier wat tuinvullis

verbrand het, veroorsaak is.

Die brand is deur sterk wind aangevuur en het vinnig deur die Kamiesberg

versprei.

Volgens die burgemeester van die Namakwa-distriksmunisipaliteit, Mervin

Cloete, woed die brand nou hoofsaaklik in die berge waar dit ontoeganklik vir

voertuie en brandspanne is.

Brandweerspanne doen alles moontlik om die brande te blus.

Intussen staan brandspanne in Kaapstad ook nog bont om die brande daar onder beheer te hou. Dié metro se brand- en reddingsdienste het in minder as tien dae meer as eenduisend brande bestry. Die omgewings wat die ergste geraak is, is Simonstad, Glencairn, Melkbosstrand en Ottery.

Na die Simonstadbrande het die Dierewelsynsvereniging van Suid-Afrika en die Kaap die Goeie Hoop-dierebeskermingsvereniging 450 hektaar gefynkam vir beseerde diere. Foto’s van verbrande skilpaaie, slange en akkedisse – wat nie vinnig genoeg kon vlug nie – is in die media versprei.

Warm weer, sterk winde, droeër plantegroei en lae humiditeit in die Kaap is alles faktore wat die ideale omstandighede vir wegholveldbrande skep.

Fotokrediet: Africa News

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

re-elon-musk-donald-trump-1500-800

Elon Musk stig sy eie party

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit oorweeg regstappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Vrou wat kind doodry

Vrou wat glo sy ry eie kind dood, inspireer nou ander

Glyryer2

16-JARIGE PRETORIANER DIE LAND SE JONGSTE GLYRYER

Ander Nuus Artikels

GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”
WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266
Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed
gettyimages-2223201846
Texas-vloede: Dodetal styg tot 82
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu
re-elon-musk-donald-trump-1500-800
Elon Musk stig sy eie party

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende