7 September 2022
In Kalifornië in die Verenigde State het dié deelstaat se kragvoorsiener aangekondig dat hy beurtkrag gaan instel, omdat hy nie aan die elektrisiteitsvraag kan voldoen nie.
Beurtkrag word reeds in twee stede Palo Alto en Alameda ingestel. Die kragverskaffer het ‘n noodwaarskuwing uitgereik oor die kragsituasie.
Die toename in kragverbruik kom weens ‘n hittegolf in Kalifornië, met maksimum temperature van 43 grade Celsius. Dit is die ergste hittegolf sedert 1925.
Hierdie beurtkrag sal meer as 525 000 huise en besighede raak.