Kaderontplooiing: DA se saak met koste van die hand gewys


Luister nou

Volgende

Kaderontplooiing: DA se saak met koste van die hand gewys

21 Februarie 2024

Die DA sê hy gaan appelleer teen die uitspraak van die hooggeregshof in Pretoria waarin regter Aubrey Ledwaba die DA se aansoek – dat die ANC se kaderontplooiingsbeleid ongrondwetlik verklaar word – met koste van die hand gewys het.

Die leier van die DA, John Steenhuisen sê hoewel hulle die uitspraak respekteer, is hulle teleurgesteld daarin en stem hulle nie daarmee saam nie.

Steenhuisen sê anders as die hof voel hulle nie dat daar duidelike skeidslyne was tussen party en staat nie. Hy sê die DA glo dat die hof nié die verwoestende uitwerking van kaderontplooiing op Suid-Afrikaners in ag geneem het nie.

Volgens steenhuisen is kaderontplooiing ‘n kwaadwillige praktyk wat “elke deel van die staat besmet het.”

Die ANC se woordvoerder, Mahlengi Bhengu-Motsiri het buite die hof die uitspraak verwelkom. Sy sê sy neem kennis van die DA se voorneme om die saak te appelleer, en meen hulle het die volste reg om dit te doen.

Sy sê die ANC se kaderontplooiingsbeleid is in die openbare domein. Bhengu-Motsiri sê die ANC het bewyse dat die DA ook skuldig is aan kaderontplooiing.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ramaphosa-signs-NHI-Bill-into-law-NEW-CCV-XXX

Ramaphosa se ondertekening van NGV mag ingevolge hofbeslissing hersien word

Untitled design (1)

Boksburg-man dood na kroeg-aanranding

skysports-kagiso-rabada-south-africa-odi-cricket_6838930

Kagiso Rabada weer vry om te speel na skorsing

Cyril-2-1

Ramaphosa nuusbrief: “Arbeidswette sal wanbalanse van die verlede regstel”

A,White,Rhino,/,Rhinoceros,Grazing,In,An,Open,Field

103 renosters in die eerste drie maande van 2025 gestroop

Ander Nuus Artikels

Indoors,Chicken,Farm,,Chicken,Feeding
350 000 uitgehongerde hoenders in minder as ‘n week van kant gemaak
weskoppies
Burgemeester sê kragtoevoer na Weskoppies-psigiatriese hospitaal sal binnekort herstel word
eikenhof
AfriForum Jeug bring PAIA-aansoek oor NWU se ondersoek ná beweerde “sangoma-ritueel”
ramaphosa-signs-NHI-Bill-into-law-NEW-CCV-XXX
Ramaphosa se ondertekening van NGV mag ingevolge hofbeslissing hersien word
Untitled design (1)
Boksburg-man dood na kroeg-aanranding

Kaderontplooiing: DA se saak met koste van die hand gewys


Luister nou

Volgende