30 Maart 2023
Die minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshaveni sê die regering is verleë oor die ontsnapping van Thabo Bester, wat bekend staan as die Facebook-verkragter.
Sy het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie terugvoer gegee oor die kabinetsvergadering wat gister gehou is.
Volgens Ntshaveni is dit ‘n skande dat ‘n gevangene – wat tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis is – daarin kon slaag om te ontsnap.
Sy sê weens die voorval het die kabinet aan die nodige wetstoepassers die opdrag gegee om Bester so gou moontlik op te spoor en hom so gou moontlik op te tree teen enige beamptes wat Bester gehelp het om te ontsnap.
Volgens Ntshaveni is die departement van korrektiewe dienste ook die opdrag gegee om so gou moontlik korrektiewe sentrums wat privaat bestuur word, oor te neem.