5 September 2023
Die VF Plus in die Vrystaat eis antwoorde oor die doeltreffendheid van ʼn multidissiplinêre komitee wat kabeldiefstal en vandalisme in dié provinsie moet ondersoek en oplos.

Die VF Plus meen egter gegewe aanhoudende kabeldiefstal die afgelope tyd in onder meer Bloemfontein, Welkom, Odendaalsrus en Steynsrus, wil dit voorkom of die komitee nie in sy doelwit slaag nie. Die komitee is onlangs deur die polisie op die been gebring.
Die premier van die Vrystaat, Mxolisi Dukwana sê Matjhabeng, Mangaung, Moqhaka, Masilonyana, Setsotho en Metsimaholo word as brandpunte vir hierdie misdade beskou.
“Gemeet aan die aanhoudende kabeldiefstal die afgelope tyd in onder meer Bloemfontein, Welkom, Odendaalsrus en Steynsrus, wil dit voorkom of die komitee nie in sy doelwit slaag nie,” meen Armand Cloete, ‘n LPW van die Vrystaatse wetgewer.
Cloete sê die VF Plus eis antwoorde by Dukwana oor wat die komitee tot dusver kon bereik. Die party wil ook weet in hoe ‘n mate sindikate betrokke is.
“In sy aanvanklike antwoord het Dukwana die moontlikheid van sindikate egter ontduik.”
