Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Kaapstadse man skuldig bevind nadat hy met hondjies bedel

3 Oktober 2022

‘n Kaapstadse man is in die landdroshof skuldig bevind aan dieremishandeling, en aanranding nadat hy hondjies gebruik het om vir geld te bedel.

Volgens die Dierebeskermingsvereniging in die Kaapse Goeie Hoop mag diere ingevolge die metro se wet oor die besit van diere, nié vir bedel gebruik word nie.

Luidens ‘n verklaring deur die DBV is Selwyn Taylor reeds vroeër vanjaar in hegtenis geneem omdat hy die hondjies langs die pad verkoop het, en hulle ook gebruik het om geld te bedel. Volgens die DBV se woordvoerder, Marisol Gutierrez was Taylor aggresief toe inspekteurs die hondjie by hom wou wegneem, en is een van die inspekteurs aangerand.

Taylor is gevonnis tot ‘n boete van R1000 of 30 dae gevangenisstraf, met ‘n verdere drie jaar opgeskorte vonnis van R2000 of 60 dae gevangenisstraf.

“Die DBV het verskeie klagtes ontvang van gemeenskapslede oor Taylor se gebruik van diere. Hy het hom egter nie aan ons verskeie waarskuwings gesteur nie,” sê die Hoof inspekteur, Jaco Pieterse.

Hy sê hulle hoop die skuldigbevinding en vonnis sal dien as ‘n waarskuwing vir mense om nie ander se goedhartigheid te misbruik nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

BEESTE-1

Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig

Speelgoedgeweer

Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

BEIJING, CHINA - MARCH 22:  President of Cameroon Paul Biya with Chinese President Xi Jinping (not pictured) attend a signing ceremony at The Great Hall Of The People on March 22, 2018 in Beijing, China. At the invitation of Chinese president Xi Jinping, President Paul Biya of the Republic of Cameroon will pay a state visit to China from March 22nd to 24th.  (Photo by Lintao Zhang/Getty Images)

Wêreld se oudste dienende staatshoof weer verkiesbaar

donald-trump-gettyimages-687193180

Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?

Caster

Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie

Ander Nuus Artikels

xr:d:DAFscQxUTco:18,j:3303791048458708132,t:23082412
DBV ruk resiesperdbedryf in die bek
pexels-yungsaac-2119758
Skrikwekkende eetgewoontes onder SA studente
iStock-636725972-e1653556428313
Verdagte stroper se liggaam in Krugerwildtuin gevind
BEESTE-1
Nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in die Vrystaat bevestig
Speelgoedgeweer
Kapers probeer polisiebeampte met speelgoedgeweer beroof

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende