22 Julie 2022
Die restaurant-groep, KFC het een van sy bestaande takke in Kaapstad opgegradeer en is nou ‘n ultra moderne tak met van die nuutste tegnologieë in die restaurant-bedryf.

Die tak in Pinelands is nou glo die begin van soortgelyke restaurante wat daarin poog om kliëntediens makliker en vinniger te maak.
Die bedryfshoof van KFC Afrika, Thuthuka Nxumalo sê besighede oor die algemeen beweeg nou na ‘n nuwe era van kliëntediens.
Die KFC is nou die eerste van sy soort met ‘n dubbelbaan in sy deurry met digitale spyskaartborde. Daar is ook self-help kiosks binne die restaurant waar mense self hulle bestellings kan plaas.
Volgens Nxumalo is daar ook ‘n splinternuwe kombuisstelsel in die restaurant wat voedsel-voorrade en kwaliteit beheer. Hy sê al word die restaurant geoutomatiseerd word 25 mense steeds aangestel.