27 September 2021
Die Kaapstadse-metro sê hy is tans besig om kringtelevisie-beeldmateriaal te bekyk nadat die k-woord die afgelope naweek op ‘n muurskildery van emeritusaartsbiskop Desmond Tutu in Adderleystraat in Kaapstad aangebring is.
Die kunstenaar wat die reuse skilderye van Tutu geverf het, Brian Rolfe sê dit is ‘n aaklige en neerhalende ding om te doen.
Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith sê alhoewel dié muurskildery nie geverf is in opdrag van die Kaapse-metro nie, sal hulle steeds enige ondersoeke na die voorval ondersteun.
Rolfe sê hy twyfel of hy klagtes aanhangig sal maak maar sê hy sal die skildery nog in die week herstel.
Intussen is die vandalisme wyd veroordeel. Die waarnemende voorsitter van die aartsbiskop Desmond Tutu IP-stigting, dr. Mamphela Ramphele sê die grafitti op die skildery is opnuut ‘n bewyse dat die land nog ‘n ver pad het om te stap om die mensdom te herstel.
Volgens haar het Tutu baie jare geveg vir eenheid en om rassisme aan te spreek en meen dit is ‘n skande dat die k-woord op sy skildery aangebring is.
Ramphele meen rassisme is ‘n “vloek waarvan Suid-Afrika moet ontsnap.”
WATCH: Desmond Tutu mural defaced in Cape Town with K-word https://t.co/2i6nzQdX9M via @capetownetc #AllCapeTown #CapeTown pic.twitter.com/frpP9QNO1i
— Cape Town (@allcapetown) September 26, 2021
Stem vir die Aitsa’s