17 September 2021
Die Jacob Zuma-stigting het vanoggend se Grondwethof uitspraak oor die oud-president veroordeel.
Dit kom nadat die hof Zuma se aansoek om sy vonnisoplegging en skuldigbevinding te herroep van die hand gewys het. Die Grondwethof het onder meer beslis dat dit nie in belang van geregtigheid sal wees as Zuma se vonnisoplegging herroep moet word nie.
Hy is tot 15 maande gevangenisstraf gevonnis nadat hy ondanks ‘n hofbevel geweier het om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te getuig.
Die woordvoerder van die JZ-stigting, Mzwanele Manyi sê hul aanvaar glad nie die hof se uitspraak nie. Hy meen die Grondwethof gebruik “boelie-taktieke” in hulle hantering van sekere sake.
Volgens Manyi is die Grondwethof meer bekommerd oor sy integriteit as die regte van beskuldigdes.
Zuma se regsverteenwoordiger, advokaat Dali Mpofu het geargumenteer dat Zuma die enigstee gevangene in die land is wat tronk toe gestuur is sonder ‘n verhoor.
Stem vir die Aitsa’s