22 Oktober 2024
‘n Universiteit in Ierland het een van die eerste universiteite geword om ‘n smaakmakersgraad (influencer) bekend te stel.
Om ‘n smaakmaker te wees word in die afgelope paar jaar as ‘n loopbaankeuse beskou vir jong mense in die sosiale media-era. Smaakmakers skep inhoud, en maak geld deur advertensies op hulle verskeie sosiale media-platforms.
Die Suid-Oos Tegnologiese-universiteit in Carlow, Ierland sê die kursus beloof om onder meer studente te leer om inhoud te skep vir spesifieke platforms soos TikTok, Instagram en YouTube.
Die kursus, Content Creation and Social Media is ‘n vier jaar BA-graad. 15 studente het verlede maand die eerste studente geword om vir die graad in te skryf. Die term, Influencer is in 2019 vir die eerste keer in die woorde boek ingesluit.
Foto: AFP