26 September 2022
Vanaand gaan jy met die koning van die planete, Jupiter van nader af kan kennis maak.
Die planeet gaan die naaste aan die aarde in 59 jaar wees, duidelik en helder om waar te neem, maak seker dat jy vanaand buite is.
Volgens ‘n berig deur Science Alert verminder Jupiter se afstand vanaf die son elke agt aarde jare na 740-miljoen kilometer, wat beteken dat die reuse planeet nader aan die aarde is.
Luidens ‘n astrofisikus verbonde aan NASA in Alabama, Alphonse Sterling sal die planeet só helder vertoon dat dit selfs in ‘n verligde stad gesien sal kan word.
Luister om 17:43 na Klankkoerant laatmiddag wanneer Esté Gross met dr. Ruhann Steyn, senior dosent by die sentrum vir ruimtenavorsing by die Noord-Wes Universiteit gesels.