27 November 2023
Die EFF-leier Julius Malema het die naweek weer gekla oor wit mense.
Hy het tydens sy party se saamtrek in Bloemfontein in die Vrystaat gesê wit mense sit hul geld in banke, eerder as om dit te bestee sodat die ekonomie nie kan groei nie.
Malema sê ook dat wit, Afrikaanse vroue nog die nasionale tesourie beheer en dat dit is waarom dit nie getransformeer kan word nie. Hy sê “wanneer die EFF aan bewind kom sal hy die wit werknemers daar verwyder om plek te maak vir voorheen benadeelde mense.”
Hy het ook gesê indien wit kinders lelik is met swart kinders op skool, moet die swart kinders hulle daaraan herinner dat hulle pa’s en oupa’s die swart mense se grond gesteel het.
Malema het verder gesê hy is vol vertroue dat sy party die premier van die Vrystaat, Mxolisi Dukwana, sal onttroon na die 2024-verkiesing.