9 Mei 2024
Die polisie in die Wes-Kaap ontken dat nog ‘n persoon in hegtenis geneem is, in verband met die 6-jarige Joslin Smith se verdwyning.
Die PA leier Gayton McKenzie het op sosiale media beweer dat die polisie gister ‘n klopjag uitgevoer het by die huis van ‘n toordokter in Saldanha baai.
Die polisiewoordvoerder Malcolm Pojie sê geen nuwe inhegtenisnemings is gemaak nie, en die ondersoek na Smith se verdwyning gaan steeds voort.
Smith is laas op 19 Februarie gesien.
Haar ma, Kelly Smith, Jacuin Appolis, Steveno van Rhyn en Lourencia Lombaard is reeds in hegtenis geneem, en word aangekla van ontvoering en mensehandel.
Hulle sal Maandag weer in die landroshof in Vredenburg verskyn.