16 September 2024
Landdros Theresa Postma het die saak teen die vier mense – wat in verband met die verdwyning van die ses-jarige Joshlin Smith van Saldanha aangekla is – tot volgende maand uitgestel.

Netwerk24 berig dat Jacquin Appollis, Steveno van Rhyn, Lourentia Lombaard en Joshlin se ma, Kelly Smith, weer op 21 Oktober op aanklagte van mensehandel en ontvoering in die landdroshof op Vredenburg verskyn.
Die uitstel kom nadat die staat gemeld het dat daar nuwe inligting is wat omndersoek moet word.
Postma het dit duidelik gemaak dat dit die laaste uitstel van die saak sal wees.
Joshlin het op 19e Februarie spoorloos verdwyn nadat sy in Appollis se sorg gelaat is.