Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Jongste oor baba wat aan biltong verstik

20 Mei 2021

Die ses maande oue baba, Ayden van Niekerk van Lydenburg in Mpumalanga is besig om stelselmatig bygebring te word nadat hy reeds vir twee weke in ‘n mediese koma is nadat hy aan ‘n stukkie biltong verstik het.

Sy ma, Estelle van Niekerk het aan Pretoria FM gesê dat Ayden op 6 Mei by sy ouma was. Sy het vir hom ‘n stukkie biltong gegee om te help met jeukerigheid, wat met tandesny gepaardgaan.

Foto: Facebook.

Hy bly bedags by sy ouma terwyl Estelle en haar man, Sarel werk. Volgens Estelle het ‘n stukkie van die biltong glo in Ayden se mond agtergebly en sowat ‘n halfuur later in sy keel afgegly toe sy pa hom neergelê het.

Volgens haar het dit vermoedelik sy lugpyp verstop. Hy het vreeslik aan die stik gegaan. Probeerslae om hom te help het misluk. Hy is toe van Lydenburg per helikopter na die Garden City-hospitaal in Johannesburg geneem, waar hy tans behandel word.

Van Niekerk sê sy en Sarel is sedert die ongeluk elke dag by Ayden. Volgens haar is die dokter tot dusver baie tevrede met sy vordering. Sy sê hulle het vanoggend Ayden gesien beweeg vir die eerste keer in twee weke.

Volgens Van Niekerk is skanderings gedoen en blyk dit op hierdie stadium asof daar nie enige langtermynskade sal wees nie.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende