Jong boer van Ficksburg doodgeskiet


Luister nou

Volgende

Jong boer van Ficksburg doodgeskiet

9 Januarie 2023

Die 28-jarige boer van Ficksburg, in die Vrystaat wat doodgeskiet is, is as Evan Sorour geïdentifiseer.

Sorour se buurman is tans onder polisiebewaking by ‘n nabygeleë hospitaal in verband met die voorval.

Volgens die polisiewoordvoerder, adjudant-offisier Mmako Mophiring, het Sorour en sy pa in ‘n woordewisseling met die buurman betrokke geraak oor vee wat na bewering ‘n heining beskadig het. 

Sorour is vyf keer deur die buurman geskiet. Volgens Mophiring was Sorour ook gewapen en het hy die verdagte tydens die voorval in die heup getref.

Die polisie het Sorour en sy pa op pad na die hospitaal in ‘n stilstaande motor aangetref. Sorour was toe reeds oorlede.

Die Vrystaatse polisie ondersoek tans ‘n saak van moord, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Mophiring sê die verdagte sal in die Ficksburg-landdroshof verskyn sodra hy herstel het.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-

Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank

515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n

KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

GvZuflXXAAAZv4E

12 000 vernietigde vuurwapens nie verbind met sake wat in aardskuddende bewerings genoem is nie

GvZuflXXAAAZv4E

Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris

ENOCH1-large

Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk

Ander Nuus Artikels

donald-trump-gettyimages-687193180
Trump-tarief: Wat hou die “oes” vir ons in?
Caster
Europese hof beslis dat Caster Semenya nié voorheen ‘n regverdige verhoor gekry het nie
WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212
DA en die MK-party dien klagte in teen Mchunu
Miss-South-Africa-2023-Natasha-Joubert-and-Stephanie-Weil.-
Mej. Suid-Afrika se uitvoerende hoof bedank
515222686_1237658681704345_2088770240779940236_n
KYK: Sterwende leerling met erewag gegroet

Jong boer van Ficksburg doodgeskiet


Luister nou

Volgende