25 April 2023
Die speaker in Johannesburg, Colleen Makhubele sê ‘n nuwe burgemeester vir die stad sal waarskynlik volgende week verkies word.
Dit kom nadat Thapelo Amad gisteraand bedank het voordat ‘n beplande mosie van wantroue teen hom ingestel kon word. Volgens Makhubele is vandag se spesiale raadsvergadering dus gekanselleer omdat die mosie nie voor sal gaan nie.
Makhubele sou ook vandag ‘n mosie van wantroue in die gesig staar. Volgens Amad het hy bedank om die koalisie in die metro se belange op die hart te dra en nié weens die publiek se opinie oor hom nie.
Die ANC se voorsitter in Gauteng, Panyaza Lesufi het intussen gesê die party sal vandag saam met die EFF, die PA, Al Jamah-Ah en ander kleiner partye vergader, om ‘n burgemeesterskandidaat te stel wat vir Amad sal vervang.
ActionSA het intussen sy bedanking verwelkom, en sê hy hoop daar kan nou ‘n stabiele koalisie in die Johannesburg metro ingestel word.