Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Jeugorganisasie nader hof oor diskwalifikasie van SR-lid op Maties

20 November 2024

AfriForum Jeug het ’n dringende hofaansoek, teen die Universiteit Stellenbosch (US) by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien, om die diskwalifikasie van Jolene le Roux, as lid van die universiteit se Studenteraad (SR), te hersien.

‘n Ontwikkelingsbeampte by AfriForum Jeug, Yvonne Gerber sê die organisasie het in Oktober teen haar “onbillike diskwalifikasie” appèl aangeteken, maar die studentehof het dit verlede week van die hand gewys.

Le Roux se diskwalifikasie volg ná ’n uitgerekte proses in wat AfriForum Jeug “bestempel as ’n daadwerklike poging om Afrikaans, Afrikaanse studente en veral Afrikaanse leierskap aan dié universiteit te onderdruk.”

Die student is in Augustus daarvan beskuldig dat sy die universiteit se verkiesingskommissiereëls oortree het, deur tydens die verkiesing “onregverdige voordeel te trek uit ’n sosialemediaplasing oor ’n Nasionale Vrouedagaksie wat op AfriForum Jeug se Instagram-blad geplaas is.”

Die studentehof meen die plasing het haar veldtog bevorder.

Gerber sê Le Roux is op 5 September tot die SR verkies, maar sy is kort daarna ingelig dat ’n aansoek om haar as SR-lid te diskwalifiseer, by die studentehof gemaak is. Volgens dié hof se uitspraak wat op 5 Oktober gelewer is, het Le Roux artikel 3(7)(a) van die universiteit se verkiesingsreëls oortree. AfriForum Jeug se appèl was in reaksie op dié uitspraak.

“Hierdie besluit is nie net onregverdig teenoor Le Roux nie, maar ook teenoor die studente wat haar gekies het om hul belange op die SR te verteenwoordig,” sê Gerber.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende