5 Oktober 2021
Jason Rohde, wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou, Susan se aansoek om teen sy skuldigbevind te appelleer het misluk.
Rohde is in 2019 in die Wes-Kaapse hooggeregshof in Kaapstad skuldig bevind aan die moord in 2016 by die Spier-landgoed. Hy het Susan se liggaam aan ‘n hak agter die badkamerdeur opgehang om dit soos selfdood te laat lyk.
Die appélhof het vanoggend beslis dat hy nie appél kan aanteken teen sy skuldigbevinding nie, maar die aansoek teen sy vonnis van 20 jaar gevangenisstraf het geslaag.
DIE vonnis is vervang met 15 jaar gevangenisstraf.
Stem vir die Aitsa’s