4 November 2021
Jason Rohde het misluk in sy poging om die Wes-Kaapse hooggeregshof te oortuig dat die voorsittende beampte, regter Gayaat Salie-Hlophe haar onttrek van sy aansoek om sy borgtog te verleng hangende ‘n appèl in die Grondwethof
Die voormalige eiendomsmagnaat het na die land se hoogste hof teen sy skuldigbevinding en vonnis vir die moord op sy vrou, Susan, geappelleer.
Rohde wou nie hê dat Salie-Hlophe die borgtogaansoek moet aanhoor nie omdat hy gevoel het dat sy bevooroordeeld teenoor hom was. Susan se liggaam is in 2016 in ‘n badkamer by die Spier-wynlandgoed gevind, na afloop van ‘n nag van rusie oor sy verhouding met ‘n ander eiendomsagent.
Susan het ‘n elektrisie-koord om haar nek gehad, en Rohde het aangevoer dat sy haar eie lewe geneem het oor sy ontrouheid aan haar.
Salie-Hlophe het bevind dat hy haar vermoor het en probeer het om die toneel na ‘n selfmoord te laat lyk.
Rohde sal nou – met haar as voorsittende beampte – op die 11e November kan aansoek doen dat sy borgtog verleng word en sou hy in gebreke bly om dit te doen, sal hy by die Plettenbergbaaise polisie moet aanmeld om met sy tronkstraf te begin.
Stem vir die Aitsa’s