Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Jarelange woordvoerder dood in huis gevind

13 Mei 2021

Die liggaam van die jarelange woordvoerder van die Pretoria Dieretuin, Craig Allenby is vanoggend in sy huis gevind.

‘n Goeie vriend van Allenby en kollega in die mediakringe, Phillip Bruwer het aan Pretoria FM bevestig dat sy liggaam vanoggend gevind is. Hy sê die polisie doen ‘n nadoodse ondersoek en meen geen vuilspel word vermoed nie. 

Volgens Bruwer was Allenby een van die beste woordvoerders om mee saam te werk. Hy sê Allenby is in 2014 deur die Nasionale Persklub as die woordvoerder van die jaar aangewys. 

Die voorsitter van die persklub, Val Boje het in ‘n verklaring gesê dat Allenby talle kontakte in die media gehad het en dat hy altyd beskikbaar was. Sy het haar medelye met sy ma, vriende en kollegas betuig.

Allenby was vir ongeveer 30 jaar werksaam by die Pretoria Dieretuin, maar was ten tye van sy dood ook ‘n direkteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitsinstituut, oftewel Sanbi.

Bruwer sê sy vriend het ‘n groot passie vir die omgewing gehad en het altyd sy familie en vriende op sy hande gedra.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende