1 Desember 2022
Janusz Walus, die veroordeelde moordenaar van die voormalige SAKP-leier, Chris Hani, sal nié vandag op parool vrygelaat word nie.
Walus ontvang tans mediese behandeling nadat ‘n mede-gevangene, Samuel Mandla Madonsela, hom na bewering Dinsdag met ‘n mes gesteek het.
eNCA berig dat Walus se regspan en die departement van korrektiewe dienste ooreengekom het dat hy nie vrygelaat sal word totdat hy ten volle herstel het van sy beserings nie.