16 September 2021
Oud-president Jacob Zuma behoort teen môre te weet of die Grondwethof sy 15-maand-lange gevangenisstraf ter syde gaan stel, al dan nie.
Dié hof het aangekondig dat hy môre 10:00 uitspraak sal lewer in die saak.
LEES OOK: NÓG ‘N AANSOEK TEEN ZUMA SE VRYLATING OP MEDIESE PAROOL GEBRING
Zuma is deur die land se hoogste hof tronk toe gestuur nadat hy ‘n opdrag deur dié hof – om voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te gaan getuig – verontagsaam het.
Hy het later ‘n aansoek by dieselfde hof ingedien waarin hy die hof versoek om sy uitspraak te heroorweeg.
Die saak het verdere omstredenheid veroorsaak nadat Zuma mediese parool toegestaan is – ‘n besluit deur die kommissaris van korrektiewe dienste, Arthur Fraser, wat deur die DA en AfriForum op hersiening geneem word.
Stem vir die Aitsa’s