Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Jacob Zuma dien nié eedsverklaring by Grondwethof in nie

14 April 2021

Oud-president Jacob Zuma het ‘n kort ruk gelede in ‘n verklaring bevestig dat hy nié ‘n eedsverklaring by die Grondwethof gaan indien nie.

Dit kom nadat Zuma tot vanaand om middernag kans gehad het om dié verklaring in dien oor wat hy dink ‘n gepaste vonnis sal wees indien hy skuldig bevind word aan minagting van die hof.

Die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping het die Grondwethof genader om Zuma tot gevangenisstraf van twee jaar te vonnis nadat hy – ondanks ‘n hofbevel – nié voor die kommissie getuig het nie.

https://twitter.com/NdaedzoNN/status/1382344640683204609

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het Zuma verlede week beveel om die eedsverklaring voor of op vandag in te dien en dat dit nie langer as 15 bladsye moet wees nie.

Die oud-president het in ‘n prokureursbrief onder meer gesê dat sy standpunt in hierdie verband nie uit minagting vir die hof of regter Mogoeng is nie, maar dat hy die manier waarop hy behandel is, bevraagteken.

Die Zondo-kommissie en sy voorsitter, adjunk-hoofregter Raymond Zondo sal nou die geleentheid gegee word om te reageer.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende