29 Junie 2022
Die veroordeelde vroueslaner, Jaco Swart, het na bewering verdwyn.
Swart het vroeër vandeesmaand opslae gemaak ná kringtelevisiebeeldmateriaal wat wys hoe hy sy vervreemde vrou, Nicoleen Swart, aanrand op sosiale media versprei het.
Luidens berigte het Jaco se prokureur, Enoch Nethanani, wat weekliks veronderstel is om met hom te kommunikeer, nege dae laas van Jaco gehoor.
Die streekhof in Pretoria-Noord het vroeër vir Jaco skuldig bevind aan die aanranding op Nicoleen. Hy is ‘n boete van R20 000 opgelê en tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis wat vir vyf jaar opgeskort is.
Hierdie straf en die video’s wat op sosiale media versprei is, het landswyd woede en kritiek ontlok.