Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Jack Russel saam met motor in Pretoria gesteel

10 Junie 2021

‘n Vrou van Pretoria is rasend van bekommernis nadat haar wit Volkswagen Polo, Dinsdagmiddag gesteel is – mét haar 12-jarige kortbeen-Jack Russel – steeds binne die voertuig.

Madeleen van Niekerk het op haar Facebook-blad ‘n beroep op mense gedoen om op die uitkyk te wees vir Java nadat haar motor (registrasie nommer, HJ26DLGP) omstreeks 13:30 op 8 Junie in die parkeerterrein van die Silverwater Crossing-inkopiesentrum in Meyerspark gesteel is.

Van Niekerk het aan Rekord gesê dat sy beskuit gaan aflewer het by die Pick n Pay, maar dat sy 20 minute later teruggekeer het en agtergekom het dat haar motor gesteel is.

Sy sou ná die stop na kleinhoewe in Boschkop gaan waar sy terapeutiese perdrylesse aanbied.

Java saam met sy “ma” op ‘n perd. Foto: Facebook.

Volgens Van Niekerk geniet Java dit vreeslik om saam met haar te reis, en meen hy spring selfs op haar skoot wanneer sy perdry. Sy meen sy en Java is onafskeidbaar sedert hy as klein hondjie by die gesin kom bly het. Java is in haar lewe nog voordat haar drie kinders gebore is.

Java se linkeroog moes verlede jaar verwyder word nadat ‘n Mosambiekse spoegkobra hom in sy oog gespoeg het. Van Niekerk sê ‘n kankergewas moes ook vroeër van een van sy voorpote verwyder word, maar meen dié gewas het onlangs teruggekom.

‘n Klag van motordiefstal is by die Silverton-polisie aanhangig gemaak. Van Niekerk het ook tot dusver talle dierewelsynsorganisasies, veeartse, die Dierebeskermingsvereniging en buurtwagte gekontak om Java te probeer vind.

Hoop, Glo, Leef in Afrikaans.
Jou ondersteuning versterk Afrikaanse media. Hou jou taal op die lug.
Klik hier.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

cyril en trump3

Ramaphosa beweer Trump is oningelig

GvPzCUrXAAAxy9m

Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

WhatsApp-Image-2025-07-02-at-14.10.44_aa4d2266

Die DA eis ingryping by die Witrand psigiatriese-hospitaal oor opgehoopte wasgoed

gettyimages-2223201846

Texas-vloede: Dodetal styg tot 82

WhatsApp Image 2025-07-07 at 09.22.41_0fbd3212

Ramaphosa sal ingryp by geskil tussen Mkhwanazi en Mchunu

Ander Nuus Artikels

LISENSIE-2
OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees
covid-1
Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme
0000416479_resized_newidcard
Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke
cyril en trump3
Ramaphosa beweer Trump is oningelig
GvPzCUrXAAAxy9m
Polisiekomitee voorsitter: “As bewerings teen Mchunu waar is kan dit wys op gekaapte SAPD”

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende