5 Julie 2024
Die Catania-lughawe op die Italiaanse eiland, Sicilië is vandag gesluit.
Dít nadat die berg Etna – wat die grootste aktiewe vulkaan in Europa is – uitgebars en as die lug in gespoeg het.
Die aanloopbaan by die Catania-lughawe is glo onbruikbaar weens vulkaniese as, terwyl aankomste asook vertrekke opgeskort is.
Volgens die maatskappy wat die lughawe bestuur, behoort vlugte deur die loop van die middag te hervat.
Die maatskappy vra reisigers om die status van hulle vlugte na te gaan voordat hulle lughawe toe gaan.
https://twitter.com/mamboitaliano__/status/1809013270512058804