Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende

“Israel behandel mense in Gasa soos diere”

11 Januarie 2024

Suid-Afrika se hofsaak waarin hulle Israel van Volksmoord beskuldig het vroeër in die Internasionale Geregshof in Den Haag, Nederland begin.

Die saak sal tot môre (12 Januarie) duur wanneer Israelse regslui hulle verweer sal lewer. Die president van die Wêreldhof, Joan Donoghue lei die verrigtinge. Sy sê Suid-Afrika wil met die saak ook hê dat die Wêreldhof Israel moet verplig om sy optrede teen Gasa onmiddelik te staak.

‘n Lid van Suid-Afrika se regspan, advokaat Adila Hassim het in ‘n stadium redes verskaf oor waarom hulle aanvoer dat Israel se optrede teen Gasa op volksmoord neerkom.

Sy sê Israel het beheer oor Gasa, wat beheer oor sleutel-funksies insluit, ondermeer twee belangrike deurgange na Gasa. Volgens Hassim word 2,3-miljoen mense reeds die afgelope 96 dae blootgestel aan geweldadige aanvalle, maar meen die hongersnood wat die mense ervaar kan ook nie geïgnoreer word nie.

Volgens Hassim moet Israel verantwoordelikheid neem vir die verwoesting en moet onderneem om huise te herbou.

Advokaat Tembeka Ngcukaitobi het namens Suid-Afrika gesê dat Israel doelbewus volksmoord pleeg. Hy meen Israel beskou mense van Gasa as diere, omdat mense weens hongersnood sterf en ook van mediese hulp wat weerhou word.

Ngcukaitobi meen verder Israel pleeg doelbewus volksmoord en dit kan gesien word in hoe kinders doodgemaak word.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-05-09 145302

Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek

Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747

Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

GNOwtCrWUAAJNit

Islamitiese staat van Afrika wil politiek betree

Screenshot 2025-05-09 105122

IPL T20-kriekettoernooi opgeskort weens konflik

POTTE

Tweepot: 75% van Suid-Afrikaners onttrek weer geld

Ander Nuus Artikels

Plastic view
PLASTIC VIEW MAAK DRAAI IN DIE PARLEMENT
Internasionale perspektief
Die Suid-Tirool-model moet globaal meer aandag kry
Office-Johannesburg
“Johannesburg kan nie meer van krisis tot krisis voortstrompel”
Screenshot 2025-05-09 145302
Minister van verdediging loop vergadering mis oor DRK-troepe weens Rusland besoek
Photography for Brenthurst Wealth Management in July 2017  by Jeremy Glyn. 
+27828523747
Magnus Heystek oor beleggings in onsekere tye

Oggend met Esté Gross

Sondae
08:00 - 15:00

Luister nou

Volgende