Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende

Inwoners weer gevra om water spaarsaam te gebruik te midde van hittegolf, beurtkrag

24 Januarie 2023

Die Tshwane-metro het ‘n dringende versoek gerig aan sy inwoners om hul waterverbruik drasties te verminder, of om meer watertekorte in die gesig te staar.

Die burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste, Daryl Johnston sê Rand Water se reservoir kapasiteit het van 60% na 30% gedaal, en is tans op kritieke vlakke wat tot ‘n ineenstorting van die watertoevoer-netwerk kan lei.

Johnston sê beurtkrag lei daartoe dat daar nie genoeg water na die reservoirs gepomp kan word nie, en hoër verbruik is aangemeld te midde van die hittegolf.

LEES OOK: GEBRUIK WATER SPAARSAAM TE MIDDE VAN BEURTKRAG, VRA RANDWATER

Verskeie woonbuurte ervaar reeds watertekorte, waaronder Waterkloof, Monument Park, Grootfontein en Soshanguve.

Intussen het Johannesburg Water gesê hulle wil inwoners van Johannesburg herinner dat vlak-1-waterbeperkings steeds geld.

Waterbeperkings in dié metro is sedert September van krag en sal na verwagting tot aan die einde van Maart geld.

Voortslepende beurtkrag en die hittegolf wat tans in die land heers het ‘n beduidende impak op waterverskaffers se vermoë om water aan inwoners van Gauteng te verskaf. Dít bloot omdat die vraag na water te groot is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

PADWAARDIG

SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate

WapensvirSAPD_17April2025

AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

POLISIE2-1

10 000 speurders sluit by privaatsektor aan of bedank in die afgelope 9 jaar

NA Exterior

OUTA vra vir strenger regulering van voordele aan openbare ampsdraers

VAPE-1

DA nader gesondheidsdepartement oor tieners se gebruik van damptoestelle

Ander Nuus Artikels

Donald Trump
Nuuskommentaar: Die ANC se stryd teen Trump én realiteit
NWU
NWU sê hy bevind geen bewyse van sangoma-ritueel nie
ENOCH1-large
“Geen hofsaak sal BTW-verhoging keer nie”
PADWAARDIG
SOE ondersoek OUTA se verslag oor bedrieglike padwaardige-sertifikate
WapensvirSAPD_17April2025
AfriForum oorhandig nuwe “wapens” aan polisieminister se lyfwagte

Vanaand met Pienaar Lochner

Weeksdae
18:00 - 22:00

Luister nou

Volgende