Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende

“Inwoners van Pretoria is vandag in die rug gesteek”

26 September 2024

Die DA se leier in Gauteng, Solly Msimanga het in reaksie op die verwydering van Cilliers Brink uit sy amp as burgemeester gesê dat hierdie dag in die geskiedenisboeke opgeskryf gaan word as ‘n dag waarin die Tshwane-metro en sy inwoners in die rug gesteek is.

Volgens Msimanga het ActionSA die metro in chaos gedompel en die goeie vordering wat gemaak is om die stad reg te ruk tot ‘n einde gebring.

Msimanga meen ActionSA se optrede het reg in die hande van die ANC gespeel. Hy sê die ANC stel is nie bekommerd oor die inwoners van die Tshwane-metro se beste belange nie.

Msimanga sê die verval van die metro, en dienslewering lê nou vir die inwoners van Pretoria Voort.

LEES OOK: Blitsberig: Tshwane-burgemeester Cilliers Brink uit die kussings gelig

AfriForum hetook op die nuus van Brink se verwydering gereageer. Die hoof van openbare betrekking by AfriForum, Ernst van Zyl sê selfdoenaksies is nou belangriker as ooit om gemeenskappe te red. 

AfriForum het vroeër vandeesmaand ’n petisie aan die burgemeesterskomiteelid en voorsitter van die koalisiekomitee in die Tshwane-metro, Jacqui Uys, sowel as ander verteenwoordigers van die koalisie oorhandig in ‘n poging om Brink te beskerm.

Nagenoeg 17 000 inwoners van Pretoria het die petisie onderteken. Van Zyl meen sekere partye se belange het vandag geseëvier oor die inwoners van Pretoria se belange.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

GpsUsB5XkAAKkI0

Paastyd padsterftes neem met 45,6% af

Eie rigting

Zoeloes op die Afrikanerstoep

Eskom

Eskom gereed om weer geld te leen

ENOCH

Hof stop ook nou amptelik die BTW-verhoging

pexels-shvets-production-9775854

Solidariteit eis einddatum vir “rassewette wat deur Suid-Afrikaners verwerp word”

Ander Nuus Artikels

Internasionale perspektief
Meloni blom in besoek aan Trump
Kleinfontein
Kleinfontein-gemeenskap reageer op beplande EFF-betoging
CARNEY
Kanada kry ‘n nuwe premier
GpsUsB5XkAAKkI0
Paastyd padsterftes neem met 45,6% af
Eie rigting
Zoeloes op die Afrikanerstoep

Huis Toe

Weeksdae
16:00 - 18:00

Luister nou

Volgende