15 Junie 2022
Microsoft het aangekondig dat hy Internet Explorer ná 27 jaar gaan onttrek.
Volgens Microsoft sal internetgebruikers van vandag af nie toegang tot Internet Explorer hê nie en sal herlei word na Microsoft Edge.
Internet Explorer is in 1995 geskep, lank voor die tyd van Google, Facebook en TikTok. Hierdie internet-blaaier (browser) moes aanvanklik deur middel van ‘n CD afgelaai word.
Luidens ‘n 2021 studie deur die Australiese mededingings- en verbruikerskommissie was Internet Explorer een van die bekendste browsers al het gebruikers enkele probleme ervaar. 95% van mense was bekend met Chrome, gevolg deur 85% wat bewus was van Internet Explorer en Firefox is aan 81% van internetgebruikers bekend.
Internet Explorer het sy piek in 2003 bereik en het sedertdien afgeneem in gewildheid vanwee kompetisie.
Sosiale media-gebruikers het op die nuus gereageer met snaakse prente en video.
Goodbyes are never easy.
— Morning Brew ☕️ (@MorningBrew) June 13, 2022
After 27 years, Microsoft will officially be shutting down Internet Explorer starting Wednesday of this week. pic.twitter.com/A8XMKIKQg1
Tomorrow, Microsoft ends support for Internet Explorer 11 pic.twitter.com/c7SCG8qDyc
— Eddy Vinck (@EddyVinckk) June 14, 2022
Internet Explorer pic.twitter.com/XyLf4NMzWY
— RVCJ Media (@RVCJ_FB) June 12, 2022