29 Desember 2022
In 2022 is talle bekendes gegroet. Ons kyk terug na van die noemenswaardige persone wat die afgelope jaar oorlede is.
- Bob Saget, wat veral bekend was as die aanbieder van “America’s Funniest Home Videos” van 1989 tot 1997 is op 9 Januarie 2022 in die ouderdom van 65 oorlede. Volgens ‘n nadoodse ondersoek is hy weens ‘n kopwond oorlede.
- Die sanger, Lee Aday, oftewel Meatloaf is op 20 Januarie in die ouderdom van 74 oorlede. Een van sy bekendste liedjies was, “I’d Do anything for love.”
- Op 30 April 2022 is die Country sangeres, Naomi Judd in die ouderdom van 76 oorlede. Sy het haar eie lewe geneem.
- Op 8 Julie 2022 is die voormalige eerste minister van Japan, Shinzo Abe doodgeskiet. Hy was besig om ‘n toespraak te lewer toe hy geskiet is deur ‘n man met ‘n tuisgemaakte vuurwapen.
- Ivana Trump, die eks-vrou van die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump is op 14 Julie dood. Sy was 73 jaar oud.

- Op 8 Augustus 2022 is die Australiese sangeres en aktrise, Olivia Newton-John in die ouderdom van 73 oorlede na ‘n lang stryd met kanker. Haar grootste rol was as Sandy in die treffer-rolprent, Grease.
- Die aktrise, Anne Heche is op 12 Augustus dood na ‘n motorongeluk waarin sy ernstig beseer is. Die 53-jarige aktrise was bekend vir haar rolle in rolprente soos Six Days Seven Nights en The Vanished.
- Die wêreld is op 8 September die skoknuus meegedeel dat Koningin Elizabeth II van Engeland oorlede is in die ouderdom van 96. Dit kom nadat sy reeds ‘n geruime tyd siek was. Haar man, Prins Phillip is in 2021 oorlede. Die egpaar se oudste seun, Charles het sedertdien die rol van Koning oorgeneem.
- Die Skotse akteur, Robbie Coltrane, wat bekend was vir sy rol as Hagrid in die Harry Potter-reeks is op 18 Oktober in die ouderdom van 72 oorlede nadat sy organe ingegee het.
- Op 5 Desember 2022 is die aktrise Kirstie Alley in die ouderdom van 71 oorlede weens kolonkanker. Sy het ‘n hoofrol vertolk in die 1989 rolprent, “Look who is Talking.”
