6 Augustus 2024
Van 4 tot 10 Augustus is internasionale ondersteuningshondweek.
Volgens Suid-Afrika se Gidshond Vereninging is die week belangrik om bewusmaking te skep oor die reuse rol wat die honde in talle mense se lewens speel. Hulle meen die honde gee aan mense die vryheid om te lewe sonder te veel struikelblokke.
Die woordvoerder van die Gidshond Vereninging, Pieter van Niekerk met sy hond O-shea en ‘n pleegouer vir ‘n jongeling in opleiding Alicia Joubert, Munro het vanmiddag by Esté Gross in die Impak-ateljee kom kuier.
Kyk hier na die onderhoud, en vind uit hoe jy betrokke kan raak.