Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Internasionale media waarsku oor “burgeroorlog” weens kragkrisis

2 Maart 2023

Die adjunkminister van staatsveiligheid in die presidensie, Zizi Kodwa het gister aan die parlement gesê dat die kragkrisis en die hoë vlakke van misdaad word as bedreigings vir nasionale veiligheid in Suid-Afrika beskou.

Kodwa sê die kragkrisis is heel bo aan die lys van bedreigings.

Hy sê die Staatsveiligheid-agentskap (SVA) is daarom gevra om ook deel te wees van die Nasionale Energiekrisiskomitee, om die probleme by Eskom op te los.

LEES OOK: VSA WAARSKU SY INWONERS OOR BEURTKRAG IN SUID-AFRIKA

Die SVA sal volgens Kodwa bewerings van sabotasie en korrupsie by Eskom dophou.

Intussen berig internasionale media dat die herhaaldelike kragonderbrekings in Suid-Afrika kan lei tot grootskaalse onluste wat op dieselfde vlak as ‘n sogenaamde burgeroorlog sal wees. 

Die New Zealand Herald berig dat die Amerikaanse en Australiese ambassades hul inwoners in Suid-Afrika gewaarsku het oor die kragkrisis.

Die departement van handel en buitelandse sake in Nieu-Seeland meen sy inwoners in Suid-Afrika moet versigting wees omdat onluste kan ontstaan.

https://twitter.com/joelpollak/status/1625681857349050368

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende