Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende

Instaan-onderwyseres geskors oor k-woord op witbord

26 Julie 2023

Die privaatskool Crawford International College het bevestig dat ‘n instaan-onderwyseres by hulle Pretoria-kampus geskors is nadat sy woorde, wat aanstoot kan gee, op ‘n witbord geskryf het.

‘n Video van die voorval op 24 Julie 2023, word tans wyd op sosiale media versprei. In die video kan gesien word hoe sy ondermeer die n-woord, asook die k-woord tydens ‘n Graad 8 Engelse les op die bord skryf. Dié woorde verwys na swart mense in Amerika, en Suid-Afrika.

Die skool het in ‘n amptelike verklaring die voorval veroordeel, en meen hulle sal nie enige vorm van beweerde rassisme, vooroordeling of diskriminasie by hulle skool duld nie.

Volgens die kollege se hoof, Cheryl Naidoo was die onderwyseres ‘n kort-termyn plaasvervanger, terwyl die permanente onderwyser met siekverlof is. “Die onderwyseres is geskors, ons het ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SACE) ingedien, en ons sal met regstappe begin.”

Sy sê hulle is bitter teleurgesteld met die voorval, en die seer wat dit veroorsaak het vir die leerlinge, ouers en Crawford-gemeenskap. Volgens Naidoo is berading vir die betrokke leerlinge aangebied.

“Ons verstaan verder dat hierdie voorval die kalklig geplaas het op hoe ons instaan-onderwysers aanstel, en sal onmiddellik aanpassings aan ons proses maak.”

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Matome Chiloane, het óók die video op sosiale media gedeel en dit as gemors bestempel. Dit is onduidelik wat die tema van dié betrokke les was.

Die woorde in die foto is verbloem.

KOOP NOU KAARTJIES – https://itickets.co.za/events/472390

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM

LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool

GjK6x6eWUAA5loy

Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

dirk hermann4

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Paul-mashatile2

Mashatile sê hy wil die volgende ANC-leier wees

GpMtIfnXQAAQhoy

Brandweerdienste weer na die Tembisa-hospitaal ontbied

Ander Nuus Artikels

Marianne Pouwels_b
Nuuskommentaar: Nie volmaak, maar vol hoop
Thabo-3-800x450
Professor skuldig aan dieremishandeling oor honger leeus
WhatsApp Image 2025-04-23 at 13.39.01_55df3ea7
E-verkiesing waarskynlik nog nie al in 2026 ‘n moontlikheid nie
ChatGPT Image Apr 23, 2025, 01_21_00 PM
LUR bekommerd oor beweerde lyfstraf by ‘n Pretoria-skool
GjK6x6eWUAA5loy
Seremoniële geleenthede kos die weermag miljoene

Laataand

Weeksdae
22:00 - 24:00

Luister nou

Volgende