My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende

Inskrywings open: Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2024

31 Maart 2024

Dit is weer tyd vir die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings en kunstenaars, liedjieskrywers en vervaardigers word uitgenooi om in te skryf in die onderskeie kategorieë.

Alle nuwe uitreikings vir die tydperk 1 April 2023 tot 31 Maart 2024 mag ingeskryf word. Inskrywings vir alle kategorieë open op 1 April 2024 en sluit om middernag op 13 Mei 2024. Die inskrywingsvorms met volledige besonderhede is op Pretoria FM se webtuiste beskikbaar by www.pretoriafm.co.za.

Die publiek word uitgenooi om te kom deel in die skouspel en kaartjies vir die geleentheid wat op 18 September 2024 by die 3Ci Ouditorium in Pretoria aangebied word, sal van 26 April 2024 af op iTickets beskikbaar wees. Kunstenaars wat gaan sorg vir ‘n onvergeetlike aand is Bok van Blerk, Demi-Lee Moore, Chris Steyn, Spoegwolf, Bernice West, Barto, Elandré, Joshua na die Reën, Zaan Sonnekus en die Vox Kamerkoor.

Die Uitvoerende Voorsitter van Pretoria FM en trustee van die Aitsa Trust, Mnr Willie Spies, sê die Aitsa Toekennings het in die verlede groot belangstelling uitgelok en ons bou voort op die suksesresep van die vorige jare. Ons is dankbaar dat die mark weer begin normaliseer en daarom is daar besluit om weer die kategorie Album van die Jaar by te voeg as deel van hierdie jaar se inskrywings.

Die publiek sal weereens geleentheid kry om vir hul gunsteling kunstenaar te stem in die kategorie MyKunstenaar: Volgens Publieke Stemme.

Kunstenaars kan self inskryf of kan deur hulle onderskeie platemaatskappye ingeskryf word. Die kategorieë waarvoor ingeskryf kan word is:

  1. Nuweling van die Jaar
  2. Ballade van die Jaar
  3. Pop Liedjie van die Jaar
  4. Geestelike Liedjie van die Jaar
  5. Kletsrym Liedjie van die Jaar
  6. Alternatiewe/Rock Liedjie van die Jaar
  7. Boeremusiek Snit van die Jaar
  8. Klassieke Snit van die Jaar
  9. Instrumentale Snit van die Jaar
  10. Musiekvideo van die Jaar
  11. Liedjieskrywer van die Jaar
  12. Vervaardiger van die Jaar
  13. Album van die Jaar

Alle inskrywings sal deur ‘n paneel kundiges in die musiekbedryf beoordeel word waarna ‘n maksimum van ses finaliste in elke kategorie aangewys word. Die beoordelingskomitee vir 2024 sal bestaan uit 4 onafhanklike beoordelaars en die beoordelingsproses word gemonitor deur die Aitsa Trust se ouditeur. Twee ekstra onafhanklike beoordelaars word betrek spesifiek vir die kategorieë Vervaardiger van die Jaar en Musiekvideo van die Jaar.

Ons is opgewonde oor die toekoms van Afrikaanse musiek en daarom is dit belangrik dat ‘n onafhanklike geleentheid soos die Aitsas ‘n platform skep waar die room in die Afrikaanse musiekbedryf op grond van hulle uitmuntende prestasie, beloon word.  

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Kleinfontein

Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe

SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala

“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

FlySafair-to-offer-fly-now-pay-later-solution-800x400 (1)

Kajuitkonsternasie oor ’n botteltjie water

Untitled design (5)

Paaie in die Ekurhuleni-metro óók deurspek met slaggate

Gq-hV1-WIAAgdFh

Adjunk-burgemeester lê die Tshwane-metro se konsepbegroting voor

Ander Nuus Artikels

b1c1114b57e7f27b20fdcc84c7bdc4628109d182=w700
Panyaza Lesufi verklaar die DA as ‘n vyand van ANC
Amazing sunset at savannah plains in Tsavo East National Park, Kenya
Afrika het sy warmste dekade nóg beleef
Pieter_Groenewald
3 000 paroolgangers in een jaar wéér tronk toe
Kleinfontein
Kleinfontein verwelkom die stigting van ‘n Burgemeestersubkomitee rakende gemeenskappe
SABC Building in Aukland Park 02/08/05 pix robbie tshabalala
“Swak bestuursbesluite lei tot finansiële nood by die SAUK”

My Saterdag Jacques Botes

Saterdae
06:00 - 11:00

Luister nou

Volgende