Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende

Inskrywings open: Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings 2022

30 Mei 2022

Die Aitsa Trust het bekend gemaak dat die 2022 Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings afskop met die opening van geleentheid vir inskrywings, vanaf 31 Mei 2022.

Die sluitingsdatum vir inskrywings sal 30 Junie 2022 wees.

Die Uitvoerende Voorsitter van Pretoria FM en trustee van die Aitsa Trust,  Mnr Willie Spies, sê die Aitsa Toekennings is nou ‘n staande jaarlikse instelling nadat die eerste toekenningsgeleentheid in Oktober 2019 ‘n reuse sukses was en die tweede geleentheid verlede jaar eweneens groot belangstelling uitgelok het en die room van Afrikaanse musiek erken het.

“Ons gaan voortbou op die vorige jaar se suksesresep om die kompetisie oor ‘n tydperk van twaalf weke op radio en aanlyn-TV uit te saai en aan die publiek geleentheid te bied om deel te neem in die stemproses om vir hulle gunsteling kunstenaars en musieksnitte te stem”.

Afrikaanse kunstenaars, liriekskrywers en vervaardigers van musiekproduksies sal vanjaar weer in verskeie kategorieë kan inskryf.

Die kategorieë is soos volg:

  1. Kunstenaar van die Jaar
  2. Afrikaanse Liedjie van die Jaar
  3. Nuweling van die Jaar
  4. Geestelike Liedjie van die Jaar
  5. Alternatiewe/Rock Liedjie van die Jaar
  6. Kletsrym/Hip-Hop Liedjie van die Jaar
  7. Boermusiek Liedjie van die Jaar
  8. Instrumentale Liedjie van die Jaar
  9. Luisterliedjie van die Jaar
  10. Pop Liedjie van die Jaar
  11. Musiekvideo van die Jaar
  12. Liedjieskrywer van die Jaar
  13. Vervaardiger van die Jaar

Kunstenaars kan self inskryf of kan deur hulle onderskeie platemaatskappye ingeskryf word.

Die inskrywings sal deur ‘n paneel kundiges in die musiekbedryf beoordeel word en ‘n maksimum van ses finaliste sal in elke kategorie aangewys word. Die beoordelingskomitee vir 2022 sal bestaan uit 8 beoordelaars, naamlik ‘n verteenwoordiger van die Coleske’s, Vonk Musiek, Universal Musiek en Sony Musiek, asook vier onafhanklike beoordelaars, Tinus Esterhuysen, Carlé Weber, Gisela de Villiers en Christiaan (CJ) de Swardt. Die beoordelingsproses word gemonitor deur die Aitsa Trust se Ouditeur, TGA Ouditeure.

Die wenners sal op die 29ste November 2022 tydens ‘n spesiale geleentheid bekend gemaak word en dit sal ook regstreeks op radio en sosiale platforms wêreldwyd uitgesaai word.

Kategoriewenners ontvang ‘n trofee wat spesiaal vir die Aitsas ontwerp is deur die bekende beeldhouer, Francois Visser, asook ‘n kontantprys van R10,000.

Die inskrywingsvorms met volledige besonderhede is op Pretoria FM se webtuiste www.pretoriafm.co.za beskikbaar.

Inskrywings vir alle kategorieë open op 31 Mei 2022 en inskrywings sluit om middernag op 30 Junie 2022. Alle nuwe uitreikings vir die tydperk 1 April 2021 tot 31 Maart 2022 mag ingeskryf word.

Die Aitsas het van die begin af ten doel gehad om ‘n onafhanklike geleentheid te skep waartydens die room van die rolspelers in die Afrikaanse musiekbedryf op grond van hulle uitmuntende prestasie beloon kan word. Die oorweldigende, positiewe terugvoer wat na die eerste toekenning van kunstenaars, platemaatskappye, vervaardigers en die publiek ontvang is, het bevestig dat dit presies is wat die bedryf nodig het en daarom is die Aitsas hier om te bly en sal dit net groter en groter word in die toekoms.

Vir meer besonderhede, kontak

Willie Spies

Uitvoerende Voorsitter: Pretoria FM

Tel 083-676-0639

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Gewilde Nuus

Screenshot 2025-07-05 112441

Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs

Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.

22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

LISENSIE-2

OUTA vra dat rybewyskaarte 10 jaar geldig moet wees

covid-1

Studie: 50% van Covid-19-pasiënte beleef langtermyngeheue- en geestesgesondheidsprobleme

0000416479_resized_newidcard

Binnelandse sake verleng kantoorure in die skoolvakansie vir ID-aansoeke

Ander Nuus Artikels

GvZuflXXAAAZv4E
Ek sal nié dissiplinêre stappe doen teen Mkhwanazi nie – Nasionale Polisiekommissaris
ENOCH1-large
Minister gaan hemelhoë salarisse by staatsbeheerde maatskappye bekyk
GvVmHWcWoAAxnfb
Italiaanse man dood toe vliegtuig se enjin hom insuig
Screenshot 2025-07-05 112441
Solidariteit begin met stappe teen Bidvest oor “rassistiese” beurs
Chairs,,Table,And,Toys.,Interior,Of,Kindergarten.
22% van Graad R-onderwysers is nie gekwalifiseer nie

Klankkoerant met Jaco en Susan

Maandae tot Vrydae
06:00 - 08:00

Luister nou

Volgende