19 Junie 2024
Die verbruikersprysinflasie vir Mei is onveranderd gelaat op 5,2%.
Die inflasiepryse vir Mei is vanoggend deur Statistiek Suid-Afrika bekend gemaak. Hierdie aankondiging beteken dus dat daar steeds baie druk op verbruikers is, en die kans dat die Reserwebank dit binnekort verlaag is skraal.

Wat kosprysinflasie betref is dit ook onveranderd gelaat op 4,7%, nadat vir die vyf maande voor April aanhoudelik gestyg het. Brood en graad staan op 3,9%. Nege van die twaalf graanprodukte in die inflasiemandjie is goedkoper as ‘n jaar gelede.
Wit- en bruin suiker is nou onderskeidelik op 18,8% en 15.8%.
Die aankondiging is egter nie goeie nuus vir koffiedrinkers nie, met warm drankies, olies, vrugte en groente en vleis wat van 11.4% in April tot 14,2% in Mei gestyg het. Kitskoffie het gestyg van 13,8% in April na 17,9% in Mei.