19 Julie 2023
Inflasie het in Junie tot 5,4% gedaal, teenoor Mei se inflasie wat toe op 6,3% was.
Dit is die eerste keer sedert April verlede jaar wat inflasie onder 6% is. Statistiek Suid-Afrika het vanoggend die jongste data bekend gemaak. Junie se inflasie is ook die laagste persentasie sedert Oktober 2021 toe dit 5% was.
Inflasie was die hoogste in Julie 2022 toe dit by 7,8% gedraai het.
Kerninflasie wat die prys van brandstof, voedsel en krag insluit het ook gedaal van 5,2% in Mei tot 5% in Junie. Kosprysinflasie staan nou op 11%.
Hier is van die spesifieke voedselsoorte se pryse van Junie 2023 teenoor Junie 2022:
- Graanprodukte soos brood, mieliemeel, pasta kos 15,5% meer as ‘n jaar gelede.
- Vleis: 6,1% duurder.
- Melk, kaas en eiers 14,1% duurder.
- Olies en vette is 9,5% goedkoper as ‘n jaar gelede.
- Groente is 20,9% duurder.
- Suiker, lekker en ander soetgoed is 16,4% duurder. Dit is die hooste suikerprysinflasie sedert Junie 2017.
